“Dit is ons visie om ‘n tuiste te skep vir hulle wat seergekry het langs die pad, die verwardes, die gefrustreerdes, die siekes en die wat vasgevang is in een of ander probleem. Vir hulle wat vrymaking soek, heling, genesing, aanvaarding, hulp, hoop, vergifnis, leiding en die wat bemoediging nodig het.”
Sondag 2de
09:00 Nagmaaldiens
09:00 Kinderbediening
17:30 Woordskool
Woensdag 5de
10:00 Damesbiduur
Saterdag 8ste
10:00 Kenmekaarontbyt - Dias Hotel
Sondag 9de
09:00 Erediens
09:00 Kinderbediening
17:30 Woordskool
Maandag 10de
Ps. Louis se verjaarsdag
Woensdag 12de
10:00 Damesbiduur
Sondag 16de
09:00 Erediens
09:00 Kinderbediening
17:30 Woordskool
Dinsdag 18de
18:30 Kerkraadsvergadering
18:30 Damesaksievergadering
Woensdag 19de
10:00 Damesbiduur
Sondag 23ste
09:00 Erediens
09:00 Kinderbediening
17:30 Woordskool
Woensdag 26ste
10:00 Damesbiduur
Stel jy belang om die maandelikse program in jou e-pos te kry. Klik op die knopie hier onder.
Dr. Louis Schutte (Pastoor & Voorsitter van die Kerkraad)
E-posadres: lschutte@iafrica.com
Tel:+27-82-454-2768
Bertie Supra (Ondervoorsitter van die Kerkraad)
E-posadres: bertie@supragroup.co.za
Tel:+27-83-675-4472
Pastorie: Michele Schutte
E-posadres: micheleschutte7@gmail.com
Tel: +27-82-303-6433
Bankbesonderhede
ABSA Mosselbaai
405 396 6675
Bankbesonderhede
ABSA Mosselbaai
405 396 6675
Kerkraad
Ps. Louis Schutte – Voorsitter
Bertie Supra – Ondervoorsitter
Theuns Coetzee – Tesourier
Eddie Peters – Sekretaris
Freddie Barnard
Berrie Geldenhuys
André Janse van Rensburg
Willie Janse van Rensburg
Jan Leonard
Hans Willemse
DIENSTYE
SONDAGOGGEND 09:00
KINDERBEDIENING
09:00 Kinderbediening
WOORDSKOOL
SONDAGAAND 17:30
DAMESBIDUUR
WOENSDAGOGGEND 10:00 (Heropen 22 Januarie)
DIE VOLLE EVANGELIE KERK
VAN GOD
IN SUIDELIKE AFRIKA:
ʼn Beknopte Historiese Oorsig
Insluitend die Totstandkoming en Uitbouing van die Hartenbos-gemeente
Met die volkstigting van Blankes in Suid-Afrika, het talle mense uit onder andere Holland, Frankryk en Engeland na Suid-Afrika toe gekom om hier ʼn nuwe tuiste te begin. Onnodig om te sê dat daarmee saam het elkeen met sy eie kerkoortuigings en kerkordes hier aangeland en so het dit dan gebeur dat verskillende kerkgenootskappe in die land gestig is.
Amerika en Engeland het baie sterk manifestasies van die Heilige Gees beleef en mettertyd het die behoefte hieraan ook onder die Suid-Afrikaanse gemeenskappe begin posvat.
Baie is gedoen deur verskeie groepe en gelowiges. Baie vreemdsoortige liggaamlike manifestasies (byvoorbeeld floutes, stuiptrekkings, lag-in-die-gees) het ook kop uitgesteek maar daar was ook baie mense wat begin oorloop het van blydskap met die Here se werking binne hul eie lewens. Groot getalle het tot bekering of tot vernuwing van die geloof gekom – hulle het as’t ware die uitstorting van die Heilige Gees begin meemaak. In ʼn baie klein neutedop kan dit gesê word dat die Pinkster-ondervinding op hierdie wyse gebore was en mettertyd meer en meer momentum opgetel en ontwikkel het. Dit was dan ook op hierdie wyse dat die Volle Evangelie Kerk (destyds dan ook genoem die Pentecostal Mission) gedurende April 1910 onder die leierskap van ʼn sendeling, ene George Bowie tot stand gekom het.
Hiervandaan het ʼn missie, nl. die Groot Opdrag van Christus dat die Evangelie uitgedra moet word aan die ganse mensdom en al die nasies, die hartklop van die Kerk geword het.
Die Kerk het gegroei en baie groeipyne is oorbrug. Volwaardige Bybelskole is gestig met heelwat teologiese studente wat hul vir die saak aangemeld het. Geleidelik is al hoe meer struktuur rakende die pad wat die Kerk wil loop gevestig. Op 28 Maart 1951 amalgameer die Volle Evangelie Kerk met die ‘Church of God’ van die VSA. Dit verduidelik dan ook die nuwe naam: Die Volle Evangelie Kerk van God.
Apartheid het ook sy merk in die Kerk gemaak maar geleidelik het daar in 1990 twee groeperings die lig gesien – een wat die blankegemeenskap verteenwoordig het, een wat die Swart-, Bruin- en Indiërgemeenskappe verteenwoordig het. Gedurende Oktober 1997 is hierdie twee groepe ook weer verenig met die naam “Die Volle Evangelie Kerk van God in Suidelike Afrika”.
Deur die jare heen het die Volle Evangelie Kerk van God gegroei en sy plek vol gestaan in die gemeenskap van die land. Vandag is daar etlike duisende werkers in die akker. Bybelverspreiding is sekerlik op die voorpunt van die aktiwiteite. Etlike Tehuise vir Bejaardes asook Bewaarskole word op gemeentelike vlakke bedryf. Behalwe vir twee amptelike Teologiese Kolleges, word daar tans ook verskeie satelliet-opleiding-stasies uit ‘n hele aantal gemeentes bedryf. Die kerk bied ook teologiese opleiding deur middel van ‘n goedgevestigde korrespondensie kursus aan vir nagenoeg 170 geregistreerde studente. Die kerk het ook ʼn kwartaallikse tydskrif, DUNAMIS, vir alle gemeentelede uitgebring – ʼn glanstydskrif wat van intellektueel-deurdenkte artikels, artistiese en professionele smaak getuig.
Deur die jare heen het die Kerk sy aanvanklike missie in stand gehou en volg dit nog steeds nougeset na, naamlik:
DIE GROOT OPDRAG VAN CHRISTUS DAT DIE EVANGELIE AAN DIE GANSE MENSDOM EN AL DIE NASIES UITGEDRA MOET WORD, IS EN BLY DIE HARTKLOP VAN DIE KERK.
Gedurende 2010 het die Volle Evangelie Kerk van God in Suidelike Afrika sy 100ste bestaansjaar herdenk.
Drie-en-twintig jaar gelede, op die 15de Julie 2001 het hierdie gemeente op Hartenbos, Mosselbaai haar beslag gevind toe Pastoor Louis Schutte en sy eggenote Michele die eerste diens gehou het in die saaltjie van die Cape Saint Blaize-skool in Marsh-straat. In die geloof het hulle na Mosselbaai gekom met net Woord wat ons Here vir hulle gehad het.
Maar wag, laat mens nou nie dinge vooruit loop nie. Stap saam met my terug op die voetspore van ʼn amper “geloofsprokies-verhaal” wat hier in Mosselbaai en Hartenbos die afgelope tien jaar afgespeel het.
Wanneer mens in die omgewing van ons Volle Evangelie Kerk ry of loop, sien jy die blou sinkdakkerk met sy glaspunt-vormige gewelf. In die daglig blink die glas; in die aand, wanneer die ligte daarbinne brand lyk dit soos ʼn ligtoring wat ʼn boodskap wil uitstuur – so asof iets daarbinne aant’ gebeur is.
Pastoor (Dr) Louis Schutte: “God het die behoefte in my hart vasgemaak en dit bevestig met Woord en profesie. Verder het die Here my drie teksverse gegee en ek het met daardie tekste in my sak geloop en wanneer die twyfel in my hart opgekom het, het ek God telkens aan Sy beloftes herinner. Ons het op die beloftes wat Hy ons gegee het gefokus en nie op die probleme wat ons in die gesig gestaar het nie.
“In 1994 het ek die eerste keer in Mosselbaai gekom, ek het baie van die plek gehou. Reeds toe het ek dit met my oorlede vrou gedeel dat ek baie graag eendag ʼn gemeente hier sou wou stig. In Januarie, tydens my 1996 vakansie, het ek weer hierheen gekom maar skaars het ons gearriveer toe my gade hier aan ʼn beroerte aanval sterf. Ek was toe in my tweede jaar met teologiese studies besig. Dit was baie moeilik om te studeer onder die omstandighede, my pa het by ons ingewoon en amper op dag en datum het hy gesterf die volgende jaar in Januarie 1997.”
So teen die einde van sy teologiese studies is hy en Michele getroud. Hy het sy sentimente rondom ʼn bediening op Mosselbaai met haar gedeel om daar vir die Here te gaan werk en sy was van meet af positief daaroor gewees. Na hulle huwelik, en nog nie finaal afgestudeer nie, het hy aansoek gedoen om ʼn gemeente wat in Valhalla, Pretoria haar deure moes sluit, oor te begin. Sonder inkomste vir die eerste twee jaar het hulle die gemeente hervestig en 3½ jaar sedert hulle die “omspitwerk” aangedurf het, het hulle daardie gemeente van 160 in sieletal gegroet om die visie in Mosselbaai aan te durf.
Dr. Schutte voel sterk daaroor dat wanneer God ʼn “belofte aan iemand gee“, op daardie belofte te fokus en nie op die probleme wat moontlik mag opduik nie. Op die 15 de April 2001 het die Here die eerste teks in sy hart gelê naamlik 1Kron 28:20 : “Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die HERE God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van die HERE voltooi het.”
- Wees sterk en vol moed
- “Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.”
Daar was tye wat dit baie sleg gegaan het met hulle. Daar was tye gewees toe hulle aan die nodige lewensmiddele ontbreek het en God op ʼn bonatuurlike wyse vir hulle voorsien het. Vir die eerste twee jaar het hulle nie ʼn sent in salaris verdien nie; hulle moes na hulself omsien.
Toe hulle Mosselbaai toe wou kom om ʼn gemeente hier onder die naam van die Volle Evangelie Kerk van God te kom stig, het (toe nog) Pastoor Schutte by die vorige Moderator, Pastoor Honey, gaan pleit dat die kerk hom asseblief sal ondersteun vir ses maande lank, aangesien hulle twee klein kindertjies op daardie stadium gehad het. Daar was hoegenaamd geen ander inkomste nie; die voorreg van ʼn mediese fonds het hulle nie geken nie. Die antwoord van die Moderator was “Pastoor Schutte, as die Here jou geroep het, soos jy sê Hy het, dan sal die Here jou versorg!”
Dit was harde woorde vir iemand in sy posisie maar het hy besef dat hy en sy vrou maar die pad alleen saam met die Here sal stap. Dat hulle teenstand van naby-familie ontvang het, was gewis. As daar sekerlik ooit ʼn ideale tyd vir ‘opskop, omdraai en wegbreek’ was, sou dit gewis gedurende hierdie periode gewees het!! “Maar vandag kan ons maar net getuig dat die Here ons nooit begewe of ooit verlaat het nie.”
Op die 13de Mei 2001 bemoedig Hy met die teks in 1Kronieke 29:12(B) : “In U hand is dit om alles groot en sterk te maak.”
Die werk het begin, die gemeente het stadig maar seker momentum begin kry; so ook die behoefte aan ʼn eie geboutjie wat permanent gebruik kan word vir hierdie werk waarvoor hulle geroep is en in die geloof aangeneem het.
Doemprofete (die Engelse se raakname hiervoor is “naysayers / worrywarts”) het hom egter deurentyd daaraan herinner dat Mosselbaai/Hartenbos ʼn klein ou plekkie is en gemeet aan die piep-klein gemeentetjie, daar nie ʼn manier is dat ons ooit ʼn kerk in die ware sin sou kon besit het nie. Selfs ʼn agbare kerkraadbroer het vir die pastoor eendag ernstig vermaan ‘om tog nie die mense valse hoop te gee nie want ons sou nie in staat wees om ʼn gebou op te rig nie’. Die pastoor se antwoord was “jy is reg, broer, ons sal nooit ʼn kerk kan bou met hierdie bietjie mense nie, want sien ek gaan nie die kerk bou nie; die Here gaan dit bou en vir ons skenk.”
Die Here gaan dit bou en vir ons skenk
En….. toe, … twee jaar na hulle arrivering word die eerste sooi gespit – in die geloof, want daar was nie eers genoeg geld in die boufonds om vir die sand van die fondasies te betaal nie. “Maar ek het God vir Sy belofte geëer: ‘dit is in Sy hand om alles groot en sterk te maak’ Ek kon netsowel op die probleem gefokus het en dan sou ons tot vandag toe nog in die Saint Blaize se skoolsaaltjie kerk gehou het. Jer. 17:7 wys duidelik daarop dat ‘Geseënd is die man wat op die Here vertrou en wie se vertroue die Here is…’ Ons aanbid God as ons op Hom vertrou! Hy het alles groot en sterk gemaak soos Hy belowe het.
Oom Jan Coetzee wie in Hartswater woon en in Hartenbos kom vakansie hou, het ‘n diens bygewoon waartydens Pastoor Schutte sy “droom” met die gemeente gedeel het. Dit het iets in oom Jan se hart in beroering gebring.
Dr Schutte vertel verder: “Gedurende Augustus 2003 het ons die sooi-spit-seremonie gehad en die 26ste Desember van dieselfde jaar kom oom Jan Coetzee (iemand wie ek nie eintlik geken het nie) na my toe met die woorde ‘die HERE het vir my gesê om ʼn eiendom van my daar in Kusweg te verkoop en die opbrengs daarvan aan jou, pastoor Schutte, te gee om ʼn kerk te bou!’ Is dit nie wonderlik nie?”
In 2004 is die ringmuur om die beplande kerk gebou, gevolg deur die fondasies van die hoof gebou. Wonderwerk op wonderwerk het gevolg deur middel van skenkings en hulp. Op 5 Augustus 2005 is die kerk ingewy.
Die ledetal het intussen verdubbel en neem daagliks nog toe.
Vandag, tien jaar na daardie eerste diens in die Saint Blaize se skoolsaaltjie, is dit met dankbaarheid dat mens kan terug kyk na die prag siersteengebou onder sy glaspunt-vormige gewelf met ʼn deeglik toegeruste ouditorium en doop-bad, die administratiewe vertrekke en buitengewone groot kerksaal met ʼn aangrensende volledig toegeruste kombuis en les bes, ʼn parkeergebied en tuine. Hierdie Gemeente het erns vir die saak van ons Meester. Dit spreek uit onder andere die volgende bedienings:
► Evangelisasie-,
► Gasvryheid-
► Kinderkerk cum kategese-,
► Musiek-
► Ons Jeugaksie- ( ‘Soldiers of God’),
► “Ons Fokus”. ʼn Maandelikse 150-oplaag gemeente-inligtingstuk cum Woordbediening wat nie net deur ons plaaslike gemeentelede gelees word nie maar ook per pos en e-pos die boodskap uitdra.
► Pastorale versorging-,
► Sending-,
► Twee Sosiale Klubs- (een vir diegene bó en een vir diegene onder 55jaar; lg. by name “Die Movers en Shakers”)
► ʼn Suksesvolle 7dae lange Kersmark was gedurende Desember 2010 hier aangebied.
► Op ʼn ligter noot, daar word ook gereeld kerkkampe en pieknieks vir die hele gemeente aangebied.
► Ons Kerkgebou is ook toegerus om groter- en kleiner groepe persone te akkommodeer vir lesings en selfs konferensies.
► Die behoefte aan meer ruimte vir ons jeug en kinders word tans aangespreek. Hierdie kerk, die Volle Evangelie Kerk van God te Hartenbos, staan op die belofte van…: Johannes 15:16
“…maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle ook al die Vader mag vra in my Naam, Hy dit vir julle kan gee.”
As ʼn nagedagte: In ons land en in die wêreld staan daar baie kerke vandag – geboue wat ʼn stille getuienis dra van iemand wat van die Here gehoor het om vir Hom ʼn plek te bou waarin Hy aanbid moet word. Ons ry by hierdie geboue verby sonder om enigsins daaraan te dink dat iemand die gemeente moes gestig het, ʼn gemeente bymekaar moes maak en uiteindelik ʼn gebou moes oprig.
“DANKIE HERE VIR ELKEEN WAT nie net hoor nie maar LUISTER WANNEER U ROEP”
Naleesbronne:
Beknopte Oorsig oor die Ontstaan van die Volle Evangelie Kerk van God in S.A. (anoniem)
Die Geskiedenis van die Volle Evangelie Kerk van God (anoniem)
Full Gospel Church of God in Southern Africa, uitgegee deur die Historical Committee of the FGC.
Lemmer du Plessis, IG: Pinkster – Panorama: Geskiedenis van die Volle Evangelie Kerk van God in Suidelike Afrika 1910 – 1983, Volle Evangelie Kerk van God Uitgewers, Irene, 1984
Schutte, Pastoor Louis Schutte, Erediens gehou by die Volle Evangelie Kerk van God, te Hartenbos op Sondag 17 Julie 2007
Kontak on
Ons Adres
31 Kammassiestraat
HARTENBOS 6520
Naam: %%Naam%%
Van: %%Van%%
E-pos adres: %%E-pos%%
Boodskap: %%Boodskap%%
” send_copy_to_sender=”on” sender_email_field=”E-Pos” reply_from_name=”sender” sender_name_field=”Naam” reply_to_name=”Webmeester” reply_to_email=”lschutte@iafrica.com,micheleschutte7@gmail.com” reply_email_title=”Dankie Vir jou Boodskap” reply_email_template=”Hier is die inligting wat jy gestuur het.
%%Naam%%
%%Van%%
%%E-pos%%
%%Boodskap%%
Groete
VEK Hartenbos” _builder_version=”4.27.4″ _module_preset=”default” _unique_id=”de084c98-bbf0-44c6-8cf4-38a0d3368b75″ custom_button=”on” button_text_color=”#000000″ button_bg_color=”#fff5ee” button_border_color=”#8300E9″ button_border_radius=”24px” button_icon=”||fa||900″ button_icon_color=”#8300E9″ animation_style=”fold” box_shadow_style_button=”preset6″ box_shadow_color_button=”#0C71C3″ global_colors_info=”{}”][de_fb_form_field field_title=”Naam” admin_title=”Naam” field_id=”Naam” required_mark=”on” required_message=”Hierdie veld word vereis” field_grid_column=”et_pb_column_3_4″ field_label_position=”top” field_placeholder=”Voeg jou regte Naam in.” _builder_version=”4.27.4″ _module_preset=”default” label_text_font=”ABeeZee|700|||||||” label_text_letter_spacing=”1px” form_field_font=”Anek Devanagari|700|||||||” form_field_font_size=”15px” global_colors_info=”{}” form_step=”0″ current_step=”0″][/de_fb_form_field][de_fb_form_field field_title=”Van” admin_title=”Van” field_id=”Van” required_mark=”on” required_message=”Hierdie veld word vereis” field_grid_column=”et_pb_column_3_4″ field_label_position=”top” field_placeholder=”Voeg jou regte Van in.” _builder_version=”4.27.4″ _module_preset=”default” label_text_font=”ABeeZee|700|||||||” label_text_letter_spacing=”1px” form_field_font=”Anek Devanagari|700|||||||” form_field_font_size=”15px” global_colors_info=”{}” form_step=”0″ current_step=”0″][/de_fb_form_field][de_fb_form_field field_title=”E-Posadres” admin_title=”E-Pos” field_id=”E-Pos” field_type=”email” required_mark=”on” required_message=”Hierdie veld word vereis” field_grid_column=”et_pb_column_3_4″ field_label_position=”top” field_placeholder=”Voeg jou regte E-Posadres in.” _builder_version=”4.27.4″ _module_preset=”default” label_text_font=”ABeeZee|700|||||||” label_text_letter_spacing=”1px” form_field_font=”Anek Devanagari|700|||||||” form_field_font_size=”15px” global_colors_info=”{}” form_step=”0″ current_step=”0″][/de_fb_form_field][de_fb_form_field field_title=”Boodskap” admin_title=”Boodskap” field_id=”Boodskap” field_type=”text” required_mark=”on” required_message=”Hierdie veld word vereis” field_grid_column=”et_pb_column_3_4″ field_label_position=”top” field_placeholder=”Jou Boodskap” _builder_version=”4.27.4″ _module_preset=”default” label_text_font=”ABeeZee|700|||||||” label_text_letter_spacing=”1px” form_field_font=”Anek Devanagari|700|||||||” form_field_font_size=”15px” global_colors_info=”{}” form_step=”0″ current_step=”0″][/de_fb_form_field][/de_fb_form]